Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Muskiete Jag" deur A.D. KEET
"Muskiete Jag" deur A.D. KEET [boodskap #18027] Do, 01 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
MUSKIETE JAG
A.D.Keet

Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net 'n bloedkol bly
Hier teen my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry -
My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie so kieskeurig nie.
Jy moet tog ééndag sterwe.

Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria -
Nog een minuut vir grasie.
Al soebat jy nou nóg so lang,
Al sê jy ook: ek is nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie...

Hoe sedig sit hy, o die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
Nóu gaan die vabond sterwe.....
Pardoef! Dis mis! daar gaan hy weer!
Maar dóód sal hy, sowaar ek sweer -
My naam is van der Merwe.
Re: "Muskiete jag" deur A.D. KEET [boodskap #25272 is 'n antwoord op boodskap #18027] Vr, 13 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Thys de Wet wrote:

> Gloud's is terug!
>
> Gedag van haar sal net 'n bloedkol bly
> hier op my rekenaarskerm

Kerels, ek is darem al 'n hele rukkie terug.
Kompleet met 'n nuwe bediener. Sympatico
is die internet-arm van Bell Canada. Ons
betaal $25 dollars vir 200 uur aansluiting en
nog 50 uur omdat ons Bell vir ons telefoon-
aansluiting het.

Ek lees en pos nou op Netscape. Ek wonder
of dit vir Lou tevrede stel. Hy het mos gekla
dat my oorspronklike poste nie in die threads
inpas nie.

Gloudina
Re: "Muskiete jag" deur A.D. KEET [boodskap #25273 is 'n antwoord op boodskap #18027] Vr, 13 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloud's is terug!

Gedag van haar sal net 'n bloedkol bly
hier op my rekenaarskerm
O die kreng!
die discdrive wou gaan 'defragment'
oor hul gekerm oor 'glouds'
hier op die kuberruimte

(Met apologie aan AD Keet)
Aag wat, staak tog die gekerm oor Gloudina. Sy doen dit immers in
Afrikaans...

Daniel wrote in message ...
> Gloudina,
>
> Dankie-tog jy is terug.....ek het verlang na jou gedig-plasings!
>
Re: "Muskiete jag" deur A.D. KEET [boodskap #25274 is 'n antwoord op boodskap #18027] Vr, 13 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina,

Dankie-tog jy is terug.....ek het verlang na jou gedig-plasings!

Dankie,

Jan van Perth.--
{IBICF}
djle...@bigfoot.com
ICQ 21792471
skryf in boodskap news:37B35FBA.9A9A15B@sympatico.ca...

MUSKIETE JAG
A.D. Keet
Re: "Muskiete jag" deur A.D. KEET [boodskap #25300 is 'n antwoord op boodskap #18027] Sa, 14 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Muskiete jag
JN Potgieter (Met apologie aan die heer Keet)

Jou vabond, wag ek sal jou kry,
Van jou sal net 'n droë vel bly
Hier in my eie Minnesota
Deur jou gebraai en spuitery
Deur jou "Off" en smeerdery
Het ek gesukkel met my kwota.

Mag ek my voorstel, eer ek eet,
Eer ek my lekker dik gaan vreet -
My naam is muskiet Anopheles
Meneer, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie so kieskeurig nie.
Jy weet ek gaan jou altyd pes.

Draer van malaria,
Ek sing vir jou 'n aria -
Nog een keer om jou kop te vlieg.
Al waai jy nou so wild en weer,
Al vloek jy, ja, en sweer,
Ek gaan bietjie in jou bloed kom spuug.

Hoe suiglik sit ek, stewig en dors!
Kom kinders, hiers genoeg om mee te mors.
Hy slaan en dink hy gaan my kwes...
Pardoef! Dis mis! Hie gat ek wee...
Maar baie eet sal ek, sowaa, ek swee -
My naam is Anopheles!
Vorige onderwerp: "Opdrag" deur HENRI LAURIE
Volgende onderwerp: Uit "Die Nomadiese Oomblik" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 23:44:12 MGT 2024